Ons is hier vir die gemoedsrus tussenin.
Die Suid-Afrikaanse landboubedryf is onvoorspelbaar en word toenemend beïnvloed deur klimaatsverandering, markskommelinge en uiterste weerstoestande soos haelstorms. In hierdie uitdagende omgewing speel oesversekering ’n noodsaaklike rol om risiko’s te beperk en boere in staat te stel om met sekerheid voort te boer.
Gemoedsrus het ontstaan uit die behoefte aan praktiese, toeganklike en deursigtige oplossings wat by die werklikhede van boerdery pas. Ons werk namens King Price, saam met agente en finansiële instellings wat die landboumark verstaan, om volhoubare en bekostigbare versekeringsoplossings te bied.
Wat Gemoedsrus onderskei, is ons vars benadering tot onderskrywing en dienslewering – eerlik, kliëntgerig en oplossingsgedrewe. Ons baanbrekerstelsel dek elke stap van die proses; van kwotasie tot eisuitbetaling met onafhanklike taksateurs en volledige rekordhouding vir volle deursigtigheid. Beide kliënte en tussengangers het toegang tot al hul inligting, wat vinnige, foutvrye en betroubare besluite moontlik maak.
By Gemoedsrus glo ons dat werklike beskerming meer is as net ’n polis. Dis die kombinasie van innoverende oplossing, vertroue en persoonlike verhoudings wat ware gemoedsrus bring – sodat boere met sekerheid kan groei, ongeag wat die seisoen inhou.
Om stabiliteit aan Afrika se voedselketting te voorsien deur bekostigbare en volhoubare oesversekering aan boere te bied.
Om effektiewe dienste aan elke kliënt te lewer deur bekostigbare, maar omvattende oesversekeringsprodukte aan te bied wat aangepas is by die boer se werklikheid.
Ons doen wat ons sê, en sê wat ons doen. Hierdie benadering gee ons boere die vertroue dat hulle nie net ’n polis koop nie, maar werklik gemoedsrus.
Akkurate, konsekwente en betroubare inligting en optrede.
Deurlopende verbetering van prosesse en kliënt-ervarings.
Vinnige, effektiewe diens aan kliënte en diensverskaffers.
Volle aanspreeklikheid vir alle besluite en optrede.
Gemoedsrus doen haelnavorsingsproewe op ʼn perseel naby Bronkhorstspruit. Hierdie proewe word gedoen om seker te maak dat die taksasieprosedures in lyn bly met nuwe kultivars waarmee geboer word.
Taksasieprosedures word ook gereeld gewysig om sodoende die korrekte skade te bereken. Haelskade word gesimuleer deur fisies blare, tydens verskeie groeistadiums, te verwyder.