By Gemoedsrus besef ons dit is krities om deur voortdurende navorsing op hoogte te bly met hoe nuwe kultivars en verskillende omgewingstoestande ons gewasse se produksie en herstelvermoë beïnvloed. As sulks is Gemoedsrus tans besig met verskeie proewe in verteenwoordigende distrikte.
Die fokus is op die bepaling van oesverlies a.g.v. verskillende tipes skade op wisselende groeistadiums. Die skades wat ondersoek word, is stand-, stam- en blaarskade, asook vrugdeelverwydering. Die verskillende behandelings word willekeurig toegeken aan spesifieke rye. Kontroleblokke is krities, en daar is voldoende herhalings vir statisties beduidende resultate. Die spesifieke tiepe en hoeveelheid skade word dan fisies aangerig in die rye soos wat die plante die korrekte groeistadium bereik. Aan die einde van die seisoen word elke behandeling afsonderlik geoes en vergelyk met kontroleblokke om te bepaal wat die oesverlies was a.g.v. die skades wat aangerig is.
Hierdeur verseker ons dat die korrekte skades toegeken word wanneer daar takseer word en ons voortdurend op hoogte bly met die nuutste verwikkelinge in die bedryf.